Welkom op ons Veeplaas – waar veeboere saam boer.
BESOEK ONS STALLETJIE BY NAMPO 2012 – CALTEX-SAAL. ONVERBETERLIKE SUBSKRIPSIE-AANBOD. GAAN NA SUBSKRIPSIES VIR MEER INLIGTING.
Plaas Publishing is nou die trotse vennoot in ‘n opwindende nuwe projek – die Vee Communicator. Klik op ‘Communicator’ om meer uit te vind.
Maak seker dat jy inteken en jou Veeplaas in die posbus ontvang! Klik op ‘Intekenvorm’ en volg die instruksies.
Radio Veepos
Luister soggens (Maandag tot Donderdag) net voor 05:00 na Hennie Maas op Radio Veepos, waar jy die jongste nuus en inligting omtrent Veeplaas en sy kliënte sal hoor.
Nog titels van Plaas Publishing
Farmlink (www.farmlinkmag.com)
Stockfarm
Veeplaas en sy sustertydskrifte kan nou ook aanlyn gelees word op die Sabinet webwerf. Gaan na www.sabinet.co.za en teken gerus in op die elektroniese weergawes.
Veeplaas op die platteland verwelkom
Overbergse boere sal bly wees om te hoor dat Veeplaas nou plaaslik te koop is. Dié maandelikse glanstydskrif bevat insiggewende artikels oor alles wat ‘n veeboer moet weet – van medisyne, wyding tot verskillende rasse. ‘n Omvattende gids oor veilings wat ingesluit word, sal verseker dat produsente op hoogte bly van wat aangaan.
“Hierdie is ‘n boek vir elke veeboer. Die leersame artikels is meerendeels tydloos, so jy kan dit vir ewig bêre om weer in na te slaan,” verduidelik Heleen van As, verteenwoordiger van Plaas Publishing.
Volgens Van As vul hierdie boek ‘n groot leemte in die tydskrifbedryf, omdat dit spesifiek gefokus is op ‘n sekere lyn van boerdery. Veeplaas val onder die Plaas Publishing-sambreel, wat ook SA Horse Breeder en Farmlink besit. Die Engelse weergawe van Veeplaas, Stockfarm, is elke twee maande beskikbaar.
Al bogenoemde tydskrifte is by die volgende besighede beskikbaar: Swellendam – Sentraal-Suid Koöperasie, OK Foods, PNA, die Groentemark en Spar; Heidelberg – Sentraal-Suid Koöperasie en Spar; Riversdal – Tuinroete Agri en OK Foods. Vir enige navrae of probleme met verspreiding, kontak Heleen van As by 0846556006.